Misdaad baas kry nie sekerheidsklaring nie

Na bykans ‘n maand as hoof van SA se misdaad intelligensie eenheid het genl. Maj. Pat Mokushane nog nie top sekerheidsklaring gekry nie.

Die rede hiervoor word aangegee dat hy nog nie sy basiese dokumente ingehandig het nie.

Sy bankstate, bewys van tersiêre kwalifikasies asook sy matrieksertifikaat is nog uitstaande.

Die vraag ontstaan egter hoe hy in die eerste plek basiese klaring gekry of hoegenaamd aangestel kon gewees het as die dokumente uitstaande was.

Skynbaar het Mokushane iets om weg te steek, nadat dit aan die lig gekom het dat hy die minister van staatsekuriteit, David Mahlobo, genader het om die klaringsproses af te stel.

Dit blyk ook dat Mokushane  in 2002 die Nasionale Padverkeerswet oortree het en in 1993 gearresteer was vir die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Daar word vermoed dat hy ook maar net nog een van die uitverkorenes is wat in ‘n pos aangestel word sonder die noodsaaklike kwalifikasies of klarings.