Minister van Verdediging moet verduidelik oor Guptas

Vrae word gevra hoe die Guptas geklassifiseerde militêre inligting bekom het vir hul berugte Sun City troue.

Skynbaar is geklassifiseerde kaarte en lugvaart kaarte van Waterkloof Lugmagbasis aan die Guptas gestuur, en dit nogal deur onveilige e-pos werkswyses.

Die verantwoordelike minister, Mapisa-Nqakula, moet nou voor die parlement verskyn en verduidelik hoe, deur wie, en watter inligting aan die Guptas verskaf is aangesien dit ‘n oortreding kan wees van die Weermag wet, SAID wette asook wette wat in- en uitvoere reël.