Minister van finansies heeltemal van die spoor af

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, se “grootse” plan om die ekonomie  te red behels die verdere verkoop van sekere staatsbeheerde entiteite na Maart 2018.

Volgens hom moet SAL hul sokkies, of is dit vlerke, optrek en die SA Poskantoor moet ook “geherkapitaliseer” word.

Alle ministers wat beheer oor die staatsbeheerde entiteite het, het onderneem om verantwoordelikheid te aanvaar vir die sukses van die plan terwyl Zuma ‘n toesighoudende rol sal speel in die hele proses.

Waarnemers is nie opgewonde oor die maatreëls nie en sê Gigaba se plan is in wese niks nuuts nie. Boonop gaan dit nie werk as die wolwe en die “hoof-jakkals toegelaat word om aan te gaan met hul geld vermorsing” nie.

Die bekende ekonoom, Mike Schussler, meld dat al die planne niks help as daar nie aksie voortspruit uit die aankondigings nie.

Foto: Malusi Gigaba