Meyerton R 59 steeds versper

Plakkerskamp inwoners het vir die soveelste keer die R 59 hoofweg naby Meyerton versper met klippe en brandende buitebande.

Dié pad is nou al byna ‘n week gesluit.  Alhoewel die polisie moes rubberkoeëls afgevuur het om die skare uiteen te jaag, misluk hulle klaaglik daarin om die pad oop en veilig te hou, en daar is al gevra waarom die weermag nie ingeroep word nie om die wettelose protesteerders in toom te hou en die pad veilig te hou vir motoriste.

Geen beserings is aangemeld nie maar voertuie is beskadig deur klipgooiers.