Mercedes toon astronomiese wins

Die Duitse motorvervaardiger Daimler, wat vervaardiger is van die gesogte Mercedes Benz voertuie, het bekend gemaak dat miljarde euro aan winste behaal is in die tweede kwartaal van 2017.

Die aankondiging kom te midde van die jongste berigte dat die vervaardiger kop in een mus is met Volkswagen en BMW wat almal gekonkel het met die sagteware om foutiewe gegewens te verstrek oor besoedeling deur uitlaatgasse.

Daimler het Woensdag verkoopsyfers bekendgemaak van sy Mercedes Benz reeks en sy netto wins het met 2% gestyg teenoor dieselfde tyd verlede jaar en realiseer meer as 2,5 miljard euro vir die kwartaal.

Die omset het verhoog tot bykans 80 miljard euro vir die eerste ses maande van 2017, wat ’n styging van 9% is.

Daimler se vlagskip, die Mercedes Benz motors, het ’n nuwe rekord verkope getoon en byna 600 000 motors is in die tydperk verkoop.