Meer mielies word uitgevoer

Die uitvoer van mielies het in die afgelope drie weke skerp toegeneem na Taiwan wat ’n aansienlike bestelling geplaas het vir die Suid-Afrikaanse gehalte mielies.

’n Tweede land wat ook ’n groot bestelling geplaas het, is die noordelike staat op die kontinent, Kenia wat self met ’n droogte worstel.

Sowat 113 000 ton is reeds uitgevoer tot aan die einde van Junie, waarvan die grootste hoeveelheid witmielies is.

Sedert die middel van Junie tot die einde van die betrokke maand is 100 000 ton geelmielies na Taiwan versend, wat die totale uitvoer na dié land nou op 161 000 ton te staan bring.

Gedurende dieselfde tyd is meer as 50 000 ton uitgevoer na Suid-Korea.

Met die moontlikheid van nog ’n Al Nino weerpatroon wat verwag word vir die nuwe reënseisoen, bestaan daar kommer dat die uitvoer van mielies miskien te haastig toegestaan is.