Maklike aandete

Gebakte wors en rysgereg vir aandete. Ons het gewoonlik al hierdie bestanddele in ons koskas.

Bestanddele:

1 koppie rys

1 groen soetrissie (gesnipper)

1 ui (gesnipper)

15 ml blatjang

5 ml kerriepoeier

2,5 ml borrie

1 kop water

1 blikkie appelkooshelftes

Boerewors (genoeg vir 4 mense)

 

Metode:

Braai die ui en soetrissie in ‘n pot tot sag.

Voeg kerriepoeier en borrie by en braai vir sowat 1 minuut.

Voeg blatjang en water by en kook die mengsel vir 5 minuut.

Plaas rys in gesmeerde oondvaste bak.

Sny boerewors in happie groottes en pak dit op die rys.

Gooi die sous oor die wors en rys.

Gooi laastens die appelkose met sous oor die mengsel in die bak.

Bak dit vir 45 minute in die oond of tot die mengsel gaar is en al die sous ingetrek het.

Bedien met ‘n groenslaai.