Lisensiekantore in Pretoria loop deur onder inbrake

Die twee lisensiekantore, in Waltloo en Centurion, het onder inbrake deurgeloop in so ‘n mate dat slegs leerlinglisensies vanaf 6 Junie uitgereik sal word.

Toerusting wat gesteel is, sluit in oog- en duim afdruk toerusting, eNatis rekenaars asook inkomste inligtingbestuur toerusting.

Die vrees bestaan dat die gesteelde toerusting gebruik kan word om vals bestuurderslisensies te vervaardig.

Die burgemeester van Pretoria, Solly Msimanga is glo “woedend” oor die inbrake.

Hierdie inbrake volg kort op duie hakke van die diefstal by die Valke. Daar begin ‘n vermoede ontstaan dat georganiseerde bendes, met hulp van binne die betrokke instansies, vir die inbrake verantwoordelik kan wees.