Kom ons staak

As daar nie bande gebrand word en klippe gegooi kan word nie, dan staak die massas. Dit in ‘n tyd waarin die ekonomie sukkel om sy kop op te lig.

In die jongste geval dreig 140 000 NUMSA werkers om te staak indien daar nie aan hul eis van ‘n buitensporige 15% salarisverhoging toegegee word nie.

So ‘n staking kan die ingenieursbedryf tot stilstand bring.

Intussen het die Nasionale Gesondheids- en Laboratoriumdienste ook kennis gegee van ‘n moontlike staking.  Patologie dienste regoor die land sal geraak word deur so ‘n staking.