Julius gee koeie aan Zoeloekoning

Die leier van die EFF, Julius Malema, het in die hartland van Jacob Zuma ingegaan, en die Zoeloekoning op sy verjaardag gaan besoek.

Zoeloekoning Goodwill Zwelithini het gister sy 69ste verjaardag gevier, en Malema het hom gaan besoek.  Boonop het hy die koning vyf lewende beeste as geskenk gegee.

Hulle het ook agter geslote deure met mekaar gesels, en daarna het Malema gesê dat hy met tradisionele leiers sal saamwerk as sy party aan bewind sou kom.

Op sy beurt het Zwelithini die E gevra om hulleself te gedra in die parlement en dat hulle moet wys hulle is nie vyande van ander politieke partye nie. “Ons het sy raad aanvaar en het teenoor die koning onderneem om sy raad uit te voer,” het Malema gesê.

Waarnemers is egter nie optimisties dat die EFF hulle in die parlement sal gedra nie, want dan verloor hy noodsaaklike publisiteit.

Foto: Julius Malema besoek Zoeloekoning Goodwill Zwelithini