Johannesburg skors werkers

Meer as 314 persone is gearresteer in ‘n poging deur die Johannesburg Stadsraad om korrupsie en bedrog te bekamp.

Aanklagte sluit in korrupsie, bedrog, diefstal van raadseiendom, kaping van geboue, ongemagtigde uitgawes en vermorsing van raadsfondse.

Bykans 100 werknemers by die raad is reeds geskors terwyl 12 bedank het, 7 afgedank is en ‘n onbekende getal hul laaste waarskuwing ontvang het.

Die verval in die openbare sektor het klaarblyklik ‘n punt bereik waar rade nie meer kan funksioneer sonder om meeste senior personeel af te dank nie.

Die meeste van die personeellede is nog erfstukke van die vorige ANC-administrasie.