Islamitiese skole vermeerder in Brussel

Die Belgiese hoofstad Brussel is ’n vertoonvenster van groei onder die Islamitiese bevolking en beskik reeds oor vyf skole wat die geloofsgroep bedien.

Die Vlaamse bevolking in België het tot hede gesorg dat die uitbreiding van Islamitiese bevolking gestrem word, en geen skole is in Vlaandere vir Moslem kinders opgerig nie.

In September vanjaar word die vyfde Islamitiese skool se deure geopen in die Franstalige deel van die land.

Die skool begin met sewe kleuterskool klasse en vyf laerskool klasse, en sowat 400 leerlinge sal gehuisves word in die nuwe skool.

Die vreemdelinge in België probeer reeds sedert 2015 om ’n vyfde skool op te rig vir Moslem kinders, en waarnemers meen dit is ’n sterk aanspraak dat die land apartheid toepas terwyl die Franstaliges glo ten gunste van integrasie is.