Irak neem wraak op terroriste

Noudat die stad Mosoel in Irak bevry is van terroriste se beheer, word tientalle terroriste wat op die vlug geslaan het, aangekeer en vasgebind.

Die meerderheid terroriste vegters wat gevange geneem word, sien nooit die binnekant van die tronk nie, en word ongemerk van om die lewe gebring.

Die Irakse owerheid ondersoek tans video materiaal waarop gesien word hoe terroriste in uniforms vasgebind is en later doodgeskiet word.

Dit blyk dat die weerwraak toegepas word deur mense wat self familie en vriende aan die dood moes afstaan wat deur terroriste vermoor is.

Na wat berig is, word die vegters op dieselfde wyse om die lewe gebring as wat hulle met onskuldige burgerlikes gedoen het.

Volgens die Ministerie van Binnelandse Sake is die opnames eg en geneem in die bevryde Mosoel gedurende die afgelope weke.

Menseregte organisasies het bevestig dat troepe van die Irakse weermag hulle skuldig maak aan marteling van gevange terroriste, en dat hulle na marteling doodgeskiet word.