Internasionale Avontuurresies in Namakwa Weskus

Tydens ‘n persvrystelling byeenkoms in Vanrhynsdorp Woensdagaand is bekend gemaak dat een van die wêreld se prominentste avontuurwedlope in Mei 2018 in die streek gehou gaan word.

Expedition Africa bied die Adventure Racing World Series aan vanaf 18-27 Mei 2018 waar tot 40 spanne van regoor die wêreld gaan deelneem.

Spanne bestaan uit vier lede wat 500km moet aflê per voet, per fiets en selfs per kajak sonder enige ondersteuningspan.

Die geleentheid is ook een van ‘n reeks wêreldwye byeenkomste waar spanne kan kwalifiseer om aan die wêreldkampioenskappe in 2018 te gaan deelneem.

Volgens die Weskus toerisme bestuurder, Monika de Jager, skep hierdie geleentheid broodnodige blootstelling vir die streek, nie net plaaslik nie maar ook op internasionale vlak en Heidi Muller, die organiseerder van die byeenkoms, sê dat Namakwa Weskus ‘n onontdekte juweel is wat ontgin moet word.

Meer inligting op www.kinetic-events.co.za.