Indië se kernwapens bedreig Sjina

Indië se kernwapen beleid is klaarblyklik gerig om hulle te beveilig deur te fokus op Sjina, en nie op Pakistan soos vermoed is nie.

Deskundiges meen die fokus het waarskynlik in die afgelope paar jaar verskuif weens die aggressie wat Sjina openbaar het met die bou van ’n kunsmatige eiland in die Suid See gebied.

’n Onlangse verslag wat deur Amerikaanse deskundiges vrygestel is, meld dat Indië se strategie gefokus is na Sjina, maar die Indiërs ontken dit ten sterkste en sê hulle het geen rede om alarms ta laat afgaan nie.

In die Julie-Augustus uitgawe van die After Midnight publikasie verskyn ’n artikel waarin beweer word dat Indië besig is met die ontwikkeling van ’n ballistiese missiel wat oor die vermoë beskik om enige deel van Sjina doeltreffend te bereik vanuit die suide van die land.

Spanning tussen Indië en Sjina het oor ’n lang tyd toegeneem oor die gesamentlike grens en die wedersydse wantroue teenoor mekaar.

Volgens die berig het Indië reeds meer as 600 kilogram kernwapen-graad plutonium geproduseer wat voldoende is vir sowat 200 kern plofkoppe.

Dit is bekend dat Pakistan en Sjina ook besig is met die ontwikkeling van ballistiese missiele, asook kruiser missiele en see-gebaseerde kern lanseer stelsels.

Beide Sjina en Indië handhaaf ’n beleid van “geen kernwapens word eerste gebruik deur die land nie” en sal slegs daarmee oorlog voer as vyandelike magte kernwapens teen hulle sou gebruik.

Militêre deskundiges sê dit is duidelik dat die wapen wedloop in volle swang is regoor die wêreld en gaan nie maklik omgekeer word nie.