Indië kies nuwe president

Die parlementslede in Indië het hulle stemme uitgebring om ’n nuwe president vir die land te kies in plek van die huidige president wat uitgetree het na sy ampstermyn verstryk het.

Twee kandidate is glo aangewys uit die “kastestelsel” om die seremoniële staatshoof te word.

Ram Nath Kovind (71) was tot onlangs nog goewerneur van die oostelike staat Bihar, en is glo die sterkte kandidaat wat verkies sal word, en is ook lid van die huidige regeringsparty.

Hy kom te staan teen die 72 jarige Meira Kumar, wat die eerste vroulike voorsitter van die Indiese parlement was en nou gesteun word deur die Kongres Party wat die grootste opposisieparty in die land is.

Verteenwoordigers in die federale parlement, wat saamgestel word uit al die deelstate het 716 stemgeregtigdes, en 4 120 streek parlementêre verteenwoordigers neem ook deel aan die stemming.

Foto –  Ram Nath Kovind