Houtbaai protes word misdaad

Die protesoptrede in Houtbaai duur al drie dae lank en, soos elders in die land tydens protesoptredes, ontaard dit in volskaalse misdaad.

Voertuie is omgekeer en ‘n mobiele kombuis is beskadig. Sinkstrukture is afgebreek en in die strate gegooi wat enige beweging onmoontlik gemaak het.  Die polisie moes ingryp om te voorkom dat ‘n ouetehuis binnegeval is.

Volgens JP Smith van die Kaapstadse stadsraad het van die mense van straat tot straat beweeg en vensters gebreek, terwyl onbevestigde berigte van winkelplundering, veral drankwinkels, ook ontvang is.

‘n  Mobiele eenheid van die metropolisie is totaal vernietig en elke moontlike lid van die metropolisie is op die toneel om die situasie te probeer beheer.