Hoendereiers besmet met insekdoder

In België en ook in Nederland word ’n intensiewe ondersoek gedoen nadat ’n insekdoder in hoendereiers gevind is.

Die ondersoekers wil nie net bepaal hoe so ’n vreemde verskynsel ontstaan het nie, maar ook probeer vasstel hoeveel eiers daarby betrokke is.

Die gifstof se teenwoordigheid in hoendereiers het onder die aandag van die Federale Agentskap vir Voedselveiligheid gekom toe kontroleurs dit vasgestel het.

Die gifstof is blykbaar in eiers van een van die groter hoenderplase gevind, maar dit is nie duidelik hoe dit in eiers opgeneem is nie.

Die gifstof is geïdentifiseer as Fipronil  wat vrylik gebruik word in die stryd teen vlooie, veral waar huisdiere gepla word, maar verbode is om in die landbou te gebruik sodat die gifstof nie in die voedselketting beland nie.

Die middel word glo gebruik in die pluimveebedryf ter bestryding van die bloedluis, ’n myt wat gevaarlik is vir hoenders.