Hewige aardbewing tref Beringsee

In die Beringsee, tussen Alaska en Rusland, het ’n uitermatige swaar aardbewing die gebied getref wat 7,7 op die Richterskaal geregistreer het.

Volgens rekords is dit die tweede grootste aardbewing wat vanjaar gemeet is regoor die wêreld, en word die moontlikheid van ’n tsoenami nie uitgesluit nie.

Die inligting is bekend gemaak deur die Amerikaanse Geologiese Diens wat sê die tsoenami kan teen die Russiese kus in die omgewing van die Komandorski Eilande verwag word.

Die klein Aleoete eiland in die Stille Oseaan het ’n tsoenami alarm uitgestuur aan die bewoners en bygevoeg dat die seegolwe uiters gevaarlik kan wees vir die hele gebied.

Die hewigste aardbewing is vanjaar naby New Guinea geregistreer en het die Richterskaal op 7,9 gestaan.