Guptas wil geld landuit skuif

In die steeds voortslepende Gupta-sage, het dit aan die lig gekom dat die omstrede Gupta broeders verskeie regsfirmas in Suid-Afrika genader het om advies oor hoe hulle miljarde rande vanuit SA kon oorplaas na die Verenigde Arabiese Emirate.

Twee van die firmas het geweier om betrokke te raak by die navraag en die Gupta-familie.

Die plan is klaarblyklik om ‘n verblyfpermit te bekom in die Emirate en dan die geld oor te plaas wat volgens ‘n bilaterale ooreenkoms tussen SA en Emirate belasting “afslag” sou beteken.