Gupta-geld vir 2019 verkiesing?

Eerwaarde Frank Chikane, eertydse ondersteuner van die ANC, sê hy glo dat gelde wat “verdwyn” het met die staatskaping gebruik gaan word om die 2019 verkiesing te “reguleer” en die korruptes steeds in beheer te laat.

ANC takke word volgens Chikane besoek en met geld “gekoop” ter voorbereiding vir die Desember konferensie.

Ontleders het in die verband verwys na die groot aantal transitorooftogte van kontant voertuie ‘n aantal jare gelede en wat ook verbind is met moontlike verkiesingsbefondsing.