Gupta broeders melk eerder die staat as koeie

‘n Melkplaas in die Vrede omgewing is klaarblyklik gebruik om geld na die gebroeders te kanaliseer.

Ten spyte van meer as R570 miljoen staatsubsidie, het plaas onder bestuur van ‘n maatskappy genaamd Estina geen wins die afgelope vier jaar getoon nie. Estina is ‘n Gupta beheerde maatskappy.

Volgens berigte kos die maandelikse uitgawes die staat R800 000 en slegs 500 koeie word gemelk.

Daar word beweer dat die Guptas die plaas gemelk het om te betaal vir een van die jong Guptas se uitspattige troue by Sun City.