Gigaba “aangestel vir Gupta-toegang tot tesourie”

Sekere politieke partye beskuldig ANC-president Jacob Zuma daarvan dat hy vir Malusi Gigaba aangestel as minister van finansies sodat die tesourie gekaap kan word in opdrag van die Gupta broers.

Skynbaar was die bedoeling daaragter dat geld na Dubai “oorgeplaas” kan word.

Daar is al meer as net bespiegel dat Zuma self met van sy besoeke aan Dubai, groot bedrae in kontant saamgeneem het soontoe. Die president se bagasie en vliegtuig word nie deursoek vir enige moontlike smokkelware nie.

Oproepe vanuit opposisie geledere word gemaak dat Gigaba moet bedank as minister om verdere staatsdiefstal te voorkom.