Geskorste SAUK hoof bedank

Die geskorste waarnemende bestuurshoof van die SAUK, James Aguna, het bedank met onmiddellike effek, skynbaar in ‘n poging om dissiplinêre optrede teen hom te voorkom.

Alhoewel die SAUK aangedui het dat hulle dit oorweeg om dissiplinêre klagtes teen hom terug te trek, beteken dit egter nie dat hy daarmee outomaties gevrywaar is van strafregtelike vervolging nie aangesien daar skynbaar reeds sodanige ondersoeke teen hom aan die gang is. Daar was tien dissiplinêre aaklagte teen hom, wat selfs meineed insluit.

Die voorsitter van die SAUK het egter gesê dat sy bedanking nie beteken dat alle klagtes teen hom teruggetrek gaan word nie, maar dat gesprekke met hom daaroor sal voer.

Hy was aangekla van oortreding van tenderprosedures en vermorsing van gelde.  Daar is ook beskuldigings van bedrog en omkopery, en daarvoor kan hy steeds strafregtelik vervolg word.

Daar word egter uit politieke kringe daarop aangedring dat Aguna die vermorste geld persoonlik moet terug betaal.