Geen kitsoplossing met Noord-Korea nie

Volgens die Amerikaanse president, Donald Trump, is tyd nodig om die kernkrag ambisies van Noord-Korea te temper

Die president sê dat hy tot die gevolgtrekking gekom het na gesprekke gevoer is met die Sjinese president, Xi Jinping, tydens die afgelope G20 beraad.

Alhoewel meer tyd nodig is, kan Sjina en die VSA se gesamentlike optrede verandering in die siening van die Skiereiland se kommuniste teweegbring.

Die Sjinese president het die Amerikaanse eweknie uitgenooi tot verdere gesprekvoering na afloop van die G20 beraad, waartydens verskeie onderwerpe aangeroer is.

President Trump het egter van die geleentheid gebruik gemaak om Sjina te versoek om groter druk op Pyongyang te plaas.

Trump het na afloop van die gesprek gesê dit is duidelik dat die normalisering van Noord-Korea se status langer sal neem as wat hy gemeen het.