G20 beraad is ontsier deur betogers

Die G20-beraad wat die afgelope naweek in Hamburg, Duitsland, aangebied is deur Bondskanselier Angela Merkel, is deur duisende betogers en foutiewe optrede van die polisie, ontsier tot ongekende gewelddadigheid.

Meer as 200 mense het in hospitale beland weens die geweld wat losgebars het tussen optoggangers en die polisie.

Vrydag was die polisie verplig om versterkings aan te vra uit naburige deelstate om die optoggangers te beheer wat woedend gereageer het op die hardhandige optrede van die polisie.

Verskeie deelstate het polisie beskikbaar gestel om hand by te sit met die skarebeheer wat maar net nie wou vlot nie.

Die meer as 19 000 polisie wat beskikbaar gestel is om die betogers te beheer, was nie voldoende nie, en het etlike duisende vanaf ander deelstate aangesluit in Hamburg.

Alhoewel waterkanonne, weermag tenks, helikopters en bote se hulp ingebring is, het die betogers doelgerig voortgegaan met hulle optog wat later gewelddadig geword het toe polisie ’n onskuldige vasgevat het.

Ooggetuies sê die optrede van die polisie is in sekere gevalle so onprofessioneel dat dit die land tot oneer strek.

Kommer bestaan onder Duitse politici dat die polisie optrede deur buitelandse politici aanskou is wat kritiek kan ontlok.

Die verlinkse betogers het die polisie herhaaldelik uitgetart en met voorwerpe gegooi, wat uiteindelik ook tot sterker optrede van die polisie gelei het, maar wat volgens politieke waarnemers ’n ernstige verleentheid geword het vir kanselier Angela Merkel.

Sowat 220 gewelddadige betogers van die sogenaamde “Swart Blok” is in hegtenis geneem deur die polisie.

Foto – Straat in Hamburg na betogers daar was