Frauke Petry herkies as leier

Te midde van verkeerde inligting wat deur die media versprei is oor dr. Frauke Petry, is die vriendelike dame met die sterk beginsels, weer herkies as leier van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland.

Benewens die leierskap is sy ook verkies as Bondskanselier kandidaat van die Party om teen Angela Merkel te staan.

Dr. Petry se gewildheid het toegeneem as leiersfiguur nadat sy die afgelope jaar die AFD laat groei het in die federale verkiesings.

’n Paar partygenote het dr. Petry daarvan beskuldig dat sy geweier het om sekere lede te ondersteun wat omstrede uitlatings gemaak het wat die party sou skade berokken, en het gepoog om iemand anders teen haar te nomineer.

In ’n stemming het sy die opponent met 33 stemme teen 19 verslaan tydens ’n partykongres waar AFD parlementslede kon stem.

Frauke Petry bly ook die eerste op die kandidatelys in Saksen vir sitting in die Duitse Bundestag, wat haar ook ’n uitstekende kans bied om met September se federale verkiesing in te kom in die Duitse Laer Huis.

Dr. Petry is ’n hoogs gekwalifiseerde in aptekerswese en ’n bekende sakevrou wat die AFD se steun dramaties laat styg het sedert sy die leierskap in die party aanvaar het.

Foto – Dr. Frauke Petry