Franssprekende politici steeds verdeeld

Die politici in Wallonië, die Franstalige gebied van België is steeds in ’n krisis gedompel, en die afgelope naweek het die voorsitter van die Ecolo party besluit om uit die onderhandelings te stap.

Zakia Khattabi, medevoorsitter van die Ecolo Party, is glo ontevrede oor die vordering wat die onderhandelaars toon met hulle hervormings wat beoog word, en sê die stappe wat gevolg gaan word neem sake nie “vêr genoeg” nie.

Twee politieke leiers, Benoît Lutgen en Olivier Chastel, het hulle spyt uitgespreek en gesê die Ecolo voorsitter is welkom om terug te keer na die onderhandelings en die deur staan oop vir haar, en die verteenwoordigers van die DéFI.wat ook die onderhandelings verlaat het.

Die drie oorblywende partye het ’n maraton vergadering gehad van meer as 16 uur in die Franse Gemeenskap Parlement in Brussel in ’n poging om ’n ooreenkoms te bereik en ’n nuwe regering saam te stel.

Dit blyk egter of die pogings steeds sonder enige sukses is, wat die Franse streek van België se politieke krisis verder verhoog.

Foto – Zakia Khattabi