Federer wen agste Wimbledon titel

Die Switserse tennisspeler, Roger Federer, het sy agste Wimbledon titel gewen deur die Kroaat, Marin Cilic, in skoon stelle te wen, die telling 6-3. 6-1 en 6,4.

Daardeur het hy die eerste mansspeler geword wat agt titels kon wen en dit vyf jaar na sy sewende titel. Die 35-jarige Federer het ook die oudste professionele speler geword wat die titel kon wen.