Europese Unie neem stappe teen Pole

Die Europese Kommissie het regstappe ingestel teen Pole oor die land glo met nuwe wetgewing die grondwetlike onafhanklikheid van die regbank aangetas het.

Pole het wetgewing deurgevoer waarvolgens die parlement regters sal aanstel, maar opposisielede sê dit tas nie net die onafhanklikheid van die regstelsel aan nie, maar ook die bepalings van die grondwet.

Brussel het die Poolse regering gewaarsku dat die Europese Unie ook die stemreg kan opskort en selfs ander regte gaan verbeur.

Die Europese Unie se visepresident, Frans Timmermans, het gesê Brussel gaan ingrypende maatreëls teen Pole instel weens die land se hervormings in die regstelsel.

Intussen het die eerste minister van Hongarye sy land se steun toegesê aan Pole, en bygevoeg dat die Europese Unie te arrogant is deur in te meng op die huishoudelike sake van ’n soewerein onafhanklike staat.

Die optrede van die Poolse president, Andrzej Duda, het Europese leiers verras toe hy aangekondig het dat hy die hervorming gaan veto, maar uiteindelik tog die wetsontwerp onderteken het sonder om dit te veto.

Ingevolge die nuwe wetgewing sal die Poolse parlement die aanstelling van regters behartig, ’n prosedure wat deur baie lande van die wêreld toegepas word.

Foto – Poolse landsvlag