Europese Unie in korrupsie skandaal?

Die Europese Unie, wat juis veronderstel is om ’n voorbeeld vir lidlande te stel, is nou betrokke in ’n korrupsie skandaal wat glo die Raad van Europa ondermyn.

Volgens gerugte is dit juis ’n veel groter saak met die Spaanse voorsitter wat daarby betrek word.

Die Europese Raad is veronderstel om ’n besondere rol te vervul as ’n struktuur van uitnemendheid, wat die demokratiese regte en menseregte eerbiedig en ’n sterk voorbeeld stel aan sy lede.

Maar die sogenaamde parlementêre vergadering van die raad, wat die afgelope week sy kwartaal byeenkoms gehou het in die Franse stad Straatsburg, verkeer glo in die greep van politieke opstand.

Onbevestigde berigte lui dat die deftige Europese instelling te doen het met eskalerende omkopery wat lei tot groot ontevredenheid.

’n Woordvoerder sê die korrupsie is van so ’n ernstige aard dat dit kan lei tot inhegtenisneming en tronkstraf.

Geen volledige besonderhede is bekendgemaak nie, en ondersoekers is besig om die skandaal te ontleed.