Ete vir onverwagte gaste

Onverwagte gaste vir Saterdagmiddagete? Hou altyd ‘n blikkie tuna vis in voorraad.

 

Tuna tert:

 

Halwe witbrood in dik snye gesny en korsies verwyder.

Sny die brood in driehoeke en smeer albei kante met botter

Pak die driehoeke op ‘n gesmeerde groot tertbord en vlok 1 blikkie Tunavis eweredig oor die brood.

Rasper nou die vis toe met kaas.

 

Meng die volgende bestanddele en skep oor die gerasperde kaas:

3 eiers geklits

2 tl vloeibare mosterd

1 eetl sojasous (opsioneel)

Sout en peper of Aromat na smaak (pasop vir te sout)

1 blikkie ingedampte melk

Plaas klontjies botter bo-op en  bak by 180 grade tot goudbruin en gepof.

Dien op saam met gemengde slaai.

 

Almal sal vir nog ‘n happie vra.