Eskom skors Singh

Eskom het aangekondig dat hulle Anoj Singh, die hoof finansiële beampte, op “voorkomende skorsing” geplaas het hangende die uitkoms van ‘n forensiese ondersoek wat aan die gang is.

Volgens ingeligte bronne het die skorsing plaasgevind nadat ministers Lynne Brown en Malusi Gigaba ingetree het aangesien die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika gedreig het om ‘n R15 miljard lening terug te trek sou daar nie opgetree word teen Singh en ander Eskom amptenare nie.

Dit volg nadat Eskom verlede week bevestig het dat R3 miljard onreëlmatig spandeer is. Dreigemente van ander banke is klaarblyklik ook op die tafel.

Eskom se leningskuld staan tans op meer as R300 miljard.

Singh se beweerde betrokkenheid by Trillian Capitals Partners en die aankoop van die Optimum myn word lynreg deurgetrek na die gebroeders Gupta.