Eskom erken betalings aan Trillian

Die Gupta beheerde firma met die gepaste naam “Trillian” is bykans R500 miljard betaal vir konsultasiefooie.

Dit het gebeur terwyl ‘n subkontrakteur, McKinsey, meer as R900 miljoen betaal is vir  konsultasiefooie.

Hierdie erkenning kom nadat daar voorheen hoog en laag gesweer is dat Trillian geen gelde van Eskom ontvang het nie.

Voormalige ANC-minister, Tokyo Sexwale, was ‘n nie-uitvoerende direkteur van Trillian toe die transaksies na bewering plaasgevind het.