Enorme Kolera besmetting in Jemen

Die aantal sterftes aan kolera in die oorloggeteisterde Jemen het binne twee weke meer as verdubbel en staan reeds op meer as 1 800 gevalle.

Die regering se grootste bekommernis is dat die toestand nog veel erger kan word aangesien sowat 400 000 mense besmetting opgedoen het en hospitale totaal oorbevolk geraak het.

Die besmetting het na 20 van Jemen se 22 provinsies versprei, en die moontlikheid om verspreiding te keer, blyk nou ‘n onbegonne taak te wees.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie het voorspel dat kolera sowat 300 000 mense kan besmet in die volgende ses maande, maar die skatting is nou veel hoër gestel in die lig van die huidige toestand.

Volgens berigte sterf minstens vier persone elke uur en die moontlikheid dat die tempo verder kan toeneem, word voorsien.

Die burgeroorlog woed steeds voort, en waarnemers wys daarop dat die kolera nou meer slagoffers eis as die oorlog.