Eers SAP, nou Software AG

Nog ‘n Duitse maatskappy, Software AG, word betrek in ooreenkomste met die Guptas om ‘n Transnet kontrak van bykans R180 miljoen te bekom.

Software AG het ooreengekom dat hulle 35% van die waarde van die kontrak sou oorbetaal aan Global Softech Solutions (GSS), dit terwyl die Gupta Sahara firma in die proses was om GSS te koop.

Een van Software AG direkteure, Riaaz Jeena, het ‘n tweede ooreenkoms bewerkstellig wat sou verseker dat hy persoonlik ook iets uit die ooreenkoms sou kry.