Dwergrepubliek kry topsnelheid Internet

Die dwergrepubliek San Marino se 34 000 Italiaanse inwoners is die eerste land ter wêreld wat ’n 5G Internet netwerk aan al sy burgers beskikbaar stel om die bestaande 4G te vervang.

San Marino sal glo vanaf 2018 die eerste land wees wat die geweldige hoëspoed Internet inwerking stel, wat blykbaar tot 10 keer vinniger is as die huidige stelsel.

San Marino mag wel aan miljoene mense onbekend wees, maar dit is die oudste republiek in die wêreld, en is gevestig in die jaar 301.

Die klein land het verskeie rekords agter hom, waarvan die mees merkwaardige waarskynlik is dat hulle die eerste land is wat gratis gesondheidsdienste aan al sy inwoners bied.

Die klein land, wat deur Italianers in stand gehou word en as ’n model vir die ganse wêreld dien, word beskou as die ideale plek om die nuwe G5 Internet stelsel te toets.

Terwyl ander lande moeite ondervind om so ’n stelsel in te bring, blyk dit dat Sam Marino dit heel gemaklik gedoen gaan kry met behulp van Telecom, Italië.

San Marino is in die oostelike kusgebied van Italië geleë as ’n onafhanklike republiek nadat dit weggebreek het van die Romeinse Ryk in die jaar 301.

Die huidige Grondwet is op 8 Oktober 1600 in werking gestel, wat van die land ’n ware model van vryheid maak.