Duitsland en Frankryk wil eie gevegsvliegtuig bou

Duitsland en Frankryk gaan gesamentlik ’n nuwe gevegsvliegtuig ontwerp en bou wat spesiaal vir Europa ontwikkel sal word.

Die besluit is geneem tydens ’n ministeriële vergadering tussen Duitsland en Frankryk wat in Parys gehou is.

Met die aankondiging wil die twee lande bevestig dat hulle erns maak om Europa verder saam te snoer en ook ’n leidende rol wil speel om die lidlande van Navo groter sekuriteit te bied.

Die aankondiging word gesien as nog ’n poging om die kandidatuur van Bondskanselier Angela Merkel te bevorder vir die algemene verkiesing wat in September in Duitsland gehou word.

Die twee lande is ook besig om hulle interstaatlike bande te versterk om as jarelange bondgenote ook in verdediging en beveiliging hegter saam te werk.

Beide lande het gedurende die afgelope twee jaar in onguns geraak by hulle kiesers weens die immigrante beleid wat gevolg is, en uiteindelik daartoe bygedra het dat die vorige president van Frankryk so ongewild was dat hy nie weer verkiesbaar was in die afgelope verkiesing van Frankryk nie.

Foto – Kanselier Merkel en president Macron