Dis “Bose Geeste”

Grace Mugabe, presidentsvrou van Zimbabwe, het haar twee kinders se gedrag toegeskryf aan die werk van “bose geeste”.

Dit volg na die twee seuns uitgeskop is uit hul luukse woonstel in Sandton weens onaanvaarbare gedrag.

Drank, dwelms en vroue is blykbaar die seuns se swak punt en het gelei tot onmin met die bure.  Grace Mugabe was ‘n paar keer in Suid-Afrika om die situasie te probeer beredder, maar uiteindelik kon selfs haar statuur as eggenote van die Zimbabwiese “dictator for life”, nie die bandelose seuntjies in die woonstel hou nie.