Brasilië stem ten gunste van pres. Temer

’n Komitee van die Brasiliaanse Kongres het ’n verslag wat handel oor die land se president, Michel Temer, summier verwerp.

Die verslag, waarin bewerings gemaak word dat die president skuldig is aan korrupsie dade, en dat hy daarom afgesit moet word as president, is deur die Komitee verwerp.

Die bewerings word gemaak nadat ’n vorige president deur die hof skuldig bevind is en meer as nege jaar tronkstraf opgelê is.

President Temer word egter beskuldig dat hy $150 000 as omkoopgeld ontvang het van die wêreld se grootste vleis verpakkingsmaatskappy in Brasilië.

Die Komitee het met ’n stemming van 40 teen 25 besluit om nie verdere aandag aan die verslag te gee nie, maar duisende kiesers is ontevrede oor die gerugte dat die president by ’n skandaal betrokke kan wees.

Volgens die verslag van opposisielede het die president betrokke geraak in die korrupsie skandaal en sou hy oor ’n tydperk van maande, sowat $12 miljoen ontvang het.

Dit is onbekend of enige verdere besonderhede oor die beweerde korrupsie skandaal beskikbaar gestel is, en of verdere ondersoeke na die bewerings gedoen sal word.

Brasilië word gekenmerk as een van die Suid-Amerikaanse lande waar korrupsie op byna elke denkbare terrein toegepas word.

Foto – President Temer