Brandstofprys daal

Daar is tydelike goeie nuus vir die verbruiker, en dit is dat die brandstofprys vanaf 5 Julie daal.

Die prys van 95 oktaan petrol daal vanaand om middernag met 68 sent per liter, en 93 oktaan daal met 69 sent. Diesel se prys daal met 60 sent per liter, en lampolie sal 57 sent goedkoper wees.

Gas se prys daal met 92 per kilogram.

Ekonome waarsku nou reeds dat dit tydelik gaan wees. Waar die rand gedurende Junie redelik verstewig het en die Brent ru-olie gedaal of ten minste redelik konstant gebly het, lyk die prentjie nou reeds anders. Die olieprys styg redelik, terwyl die rand sterk waarde verloor het die afgelope week.

Die voordeel wat motoriste nou gaan kry, kan heel moontlik vroeg Augustus totaal omgekeer word.