Bosbrande in Frankryk woed voort

Die vernietigende bosbrande wat nou reeds meer as ’n week woed in die suide van Frankryk, kon nog nie geblus word nie.

Tot hede is bykans 8 000 hektaar vernietig waarvan 7 000 hektaar binne drie dae vernietig is weens die sterk wind en droë klimaat in die gebied.

Die suide van Frankryk is ’n gewilde toeriste aantreklikheid wat tans gesluit is weens die hewige brandgevaar.

Die premier, Edouard Philippe, het gesê meer brandbestryders en vliegtuie is nodig om die talle brande geblus te kry.

Vroeër die week is meer as 10 000 mense uit die gebied geneem toe dit duidelik geword het dat die brande nie gekeer word nie.

Op verskillende plekke waar die vuur geblus is, het die brande weer begin wat die stryd soveel moeiliker maak, het die minister gesê.

Op die Corsica eiland het ook brande ontstaan en Donderdag was daar reeds meer as 2 000 hektaar vernietig en moes 400 mense verwyder word om die vlamme te ontduik.