Bergenia cordifolia

Bergenia is groot pragtige plante vir ons tuine. Dit is in die Saxifrgaceae familie en die genus is Bergenia en die rang is Saxifragales. Dit is met ander woorde in die olifantsoorfamilie. Bergenia kom oorspronklik van Asië, Afghanistan, China en die Himalaja gebiede.

Hierdie plante vorm ‘n groot knol met ‘n sterk wortelstelsel onder die grond.  Hulle het ronde harige blare wat gekartel is. Dit dra dan ook die pragtigste klein wit tot pienk blommetjies op ‘n lang stingel. Die blare is groot, leeragtig en rond tot ovaal gekartelde randjies. Die blare is die grootste gedeelte van die jaar pragtig groen en dit blink. In koeler klimate is die stingels rooi tot bronskleurig. Die blomme groei aan ‘n stingel wat ons rubarber laat dink en dit is ook dieselfde rooierige kleur.

Wanneer twee blare teen mekaar gevryf word, klink dit soos ‘n skreeu van ‘n dier en dit word ook “pigsqueak” genoem. Bergenia is nou verwant aan Mukdenia, Oresitrophe, Astilboides en Rodgersia plante. Die Duitse botanis, ‘n dokter Karl August von Bergen is vereer deur die naam ‘Bergenia’ in 1974.

Bergenia is geharde plante en groei in enige tipe klimaat. Dit verkies vol son maar sal ook in halfskadu groei, veral onder groot bome. Die plante word tot 61 cm hoog en net so wyd ook. Hulle hou van nat grond met goeie bemesting. Droogtetoestande is geneig om die plant se groei te benadeel en dan sal die plante se blare verbruin. In koue gebiede met erge koue winde moet hierdie plante beskerm word. Verdeel die plante by die wortelstelsel om voort te plant.

Tuiniers geniet u tuin tot volgende keer.