Bell Pottinger groep dank lede af

Die Britse beeldpoets maatskappy, Bell Pottinger, het ‘n leidende vennoot afgedank en nog ‘n vennoot en twee werkers geskors.

Die persone betrokke word daarvan beskuldig dat hulle veldtogte ondersteun en befonds het wat rasse verdeeldheid in Suid-Afrika tot gevolg gehad het.

Bell Pottinger was die maatskappy wat die berugte Guptas se Oakbay Capital maatskappy se beeld moes verbeter, en die afgedankte personeellede het skynbaar die Oakbay rekening hanteer.

Die veldtog teen die sogenaamde “wit monopoliekapitaal” is juis deur Bell Pottinger uitgedink, en het tot geweldige rasse polarisasie gelei.

Volgens Bell Pottinger se bestuur is hulle mislei deur die vennote en werkers, en het hulle verskoning aangebied aan alle persone wat deur die optrede geraak is.

Die ondersoek teen Bell Pottinger duur voort.