België kan miljoene euro bespaar

België kan miljoene euro bespaar deur sekere hervormings in die regeringstelsel in te stel, waarvan die afskaffing van die Senaat een maatreël kan wees.

Daarbenewens kan die parlementêre verteenwoordigers verminder word van 150 lede tot 100, en die Vlaamse parlementslede van 124 tot 80 lede.

Deur dit te doen kan die land ’n besparing maak van sowat 30 miljoen euro per jaar, sê professor Lode Verbeeck.

Hy wys daarop dat die vermindering in verteenwoordigers sal meebring dat die kleiner partye soos die nasionalistiese Vlaams Belang, en die linkse Groen Party dan geen verteenwoordiging sal hê nie.

Politieke ontleders sê dit is waarskynlik die rede waarom die groter partye aan die linkse kant pleit vir die vermindering in verteenwoordigers, maar verreken nie dat so ’n stap ook die effektiewe regeringstelsel ernstig kan benadeel nie.