Belastingbetalers eis rente van SAID

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het tot die einde van Julie tyd om te reageer op ‘n verslag van die ombudsman rakende die terugbetaling van fondse (belasting en BTW) aan individue en besighede.

Pravin Gordhan het aan die parlement onthul dat SAID meer as R19,6 miljard verskuldig was aan BTW terugbetalings teen Februarie 2017.

Tom Moyane van SAID beweer dat hul ernstig is om goeie diens te lewer en ook ernstig is dat alle agterstallige gelde terugbetaal sal word.

Moyane se opmerking stel belastingbetalers egter nie tevrede nie. SAID hou die geld lank terug, en steek die rente wat hy daarop verdien, in sy eie sak. Belastingbetalers eis dat hulle ook rente op daardie agterstallige geld moet kry, net soos SAID vinnig is om boetes en rentes te hef as belastingbetalers iets aan hulle verskuldig is.

Foto: Tom Moyane