Bees lewendig geslag langs N2

Omstanders moes toekyk hoe ‘n koei wat deur ‘n voertuig getref is op die N2 naby King Williamstown, lewendig in stukke gekap word deur lede van die plaaslike gemeenskap.

Met aankoms op die toneel van die DBV is gevind dat persone ‘n byl gebruik om stukke vleis van die nog lewende bees te bekom.  Antoinette Muller van die DBV het die dier verlos van haar lyding terwyl die omstanders voort gegaan het om vleis te “oes”.

Die Nasionale Raad van die DBV het verklaar dat hul nie sulke barbaarse optrede van die mense verstaan nie.

Boere het al jare met hierdie barbaarse praktyke te doen waar veediewe lewende stukke vleis uit ‘n dier kap of sny en die dier los om te ly.

Foto: ter illustrasie