Bankrot SAL deel geld vir sport uit

SAL het nog nie eens behoorlik die jongste reddingsboei van die regering ontvang om sy verlies van meer as R200 miljoen per maand te dek nie, of hy speel weer Kersvader op koste van die belasting betalers.

Ten spyte daarvan dat SAL tegnies bankrot is, is meer as R67 miljoen aan die Springbokspan geborg vir vliegkaartjies.

Die nasionale sokkerspan gaan nou ‘n R135 miljoen borgskap ontvang tussen 2016 en 2021.

Dit volg op die aankondiging dat Tesourie weer eens SAL met ‘n R 2,2 miljard lewensboei gaan voorsien om te voorkom dat ‘n lening by Standard Chartered Bank opgeroep word.

Ekonome sê dit blyk dat Tesourie daarin faal om toesig te hou oor die nodige aanwending van fondse deur hul voorgeskiet.