Apple gaan slimfoon vervang

Daar sal glo tegnologiese nuwe lewe wees na die dood van die slimfoon, net soos wat die lewe voortgegaan het op tegnologiese gebied toe die sogenaamde iPod vervang is.

Die slimfoon, wat reeds sedert 2007 die mensdom se beste vriend geword het, sal egter nie meer baie lank die ereposisie beklee nie.

Die tegnologiese reus Apple, het volgens onbevestigde berigte, reeds die wiel aan die rol om die slimfoon met ’n “nog slimmer foon” te vervang.

Meer as een miljard slimfone is al oor die toonbank verkoop, wat van die tegnologiese deurbraak ’n algehele wenner gemaak het as die grootste sukses tot dusver in die mark.

Die sukses het egter nie dat die hoof van Apple, Tim Cook, laat slaplê nie, en werk die man saam met sy span om ’n beter toestel aan te bied wanneer die slimfoon vervang word.

Dit is egter nie net Apple wat hard aan die werk is nie, want  Google, Microsoft en Facebook is self ook besig met hulle eie programme om die slimfoon te vervang.

Die vermoede bestaan dat die nuwe “slimmer foon” sy verskyning in 2020 sal maak op die winkelrakke.