Allan Gray vra ontbondeling van Group Five

Allan Gray, met die meerderheidsaandeelhouding in Group Five, het versoek dat die groep se bates ontbondel moet word.  Dit het daartoe gelei dat vyf raadslede aangedui het dat hulle gaan bedank tydens ‘n buitengewone algemene vergadering.

Allan Gray het hul vertroue verloor in die raad van Group Five en vandaar die versoek vir die vergadering.

Verskeie senior personeellede van Group Five het bedank nadat die hoofuitvoerende beampte, Eric Venter, in Februarie bedank het.

Group Five is een van die oudste konstruksiemaatskappye in die land.